
Wie is ons?
Júan Maree en Lilyan Venter het onderskeidelik by die Universiteit van Johannesburg en die Universiteit van die Vrystaat hulle Optometrie grade verwerf. Hulle liefde vir mense, oogkunde en sport het hulle by mekaar gebring.
Júan, ‘n Cradock klong, en Lilyan, ‘n Bloemfonteinse roos, het beide ondervinding opgedoen in die korporatiewe wêreld. Die stad se gejaag was egter nie vir hulle nie.
‘n Kwaliteit lewe en mense verhoudings wat vir jare hou is waarna hulle streef. Hulle wil om elke hoek en draai in ‘n bekende gesig vas loop, in ‘n dorpie waar mense weet watter Tannie se melktert die lekkerste is en jy jou buurman ken.